Aktiwiteite

Die SAVLU bied aan sy lede 'n verskeidenheid van opvoedkundige, prettige geleenthede en inligtingsessies wat almal daarop gemik is om hul kennis en vaardighede te verbeter. Kompetisies word op alle vlakke gehou om lede aan te moedig omhul vaardighede te verbeter en te toets.

Van die gereelde aktiwiteite:

  • Maandelikse takvergaderings.

  • Gereelde streeksvergaderings.

  • Jaarlikse provinsiale kongresse

  • Drie jaarlikse nasionale kongresse.

  • Geleenthied om drie jaarlikse ACWW internasionale kongresse by te woon.

  • Somerskole - die geleentheid om nuwe vaardighede aan te leer en nuwe vriende te maak.

  • Werkswinkels vir spesifieke vaardighede of kunsvlyt.

Van die vaardighede wat jy sal leer:

  • Kulinêre.

  • Gebak.

  • Brei.

  • Hekel.

  • Borduurwerk.

  • Handwerk kursusse in mosaïek, kralewerk, pottebakkery, macrame ens.

  • Leierskapontwikkeling.

  • Funksie beplanning.

  • Kommunikasie.

Elkeen van hierdie gebeure word met groot omsigtigheid en aandag gereël, en sluit inspirerende sprekers, inligtingsessies oor gesondheid, sekuriteit en veiligheid, kinders, regs- en verbruikerskwessies, kulturele aktiwiteite, optredes van bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars, praktiese demonstrasies deur kundiges in 'n verskeidenheid van velde en baie pret!

Kompetisies

Om die lede 'n platform te bied om hul talente ten toon te stel en die geleentheid om hul vaardighede voortdurend te verbeter, bied die SAVLU hul lede kompetisies op alle terreine en op alle vlakke aan - van hul plaaslike takke, streek, provinsiaal, nasionaal asook internasionale vlak.

Beoordeling en Beoordelaars

Die beoordeling van kompetisies word uitgevoer deur gekwalifiseerde, opgeleide beoordelaars wat kundiges op die betrokke terreine is. 'n Handleiding is saamgestel vir beoordeling en beskikbaar aan SAVLU lede teen R150 elk.

Laai gerus die kompetisie riglyne hier af:

Uitreik

Alhoewel SAVLU nie 'n liefdadigheidsorganisasie is nie, is sy lede betrokke by 'n wye verskeidenheid gemeenskapsopheffingsprojekte. Enkele voorbeelde sluit in:

  • Sop kombuis vir bejaardes.

  • Voedingsprogramme vir skoolkinders.

  • Gemeenskap groentetuine.

  • Opruimingsbedrywighede.

  • Koördineer die bou van gemeenskapsklinieke.

  • Vakansie kampe vir minderbevoorregte kinders.

  • Maak van Klere vir bejaardes en minderbevoorregte kinders.

  • Brei speelgoed, komberse en pette vir kinders wat chemoterapie ondergaan.

  • Opgradering van kleuterskole.

  • Voorsien beurse vir verdienstelike kinders.

  • Kersgeskenke vir kinders en bejaardes vir Kersfees.

  • Verskaf van toiletware vir verkragtingskrisis sentrums en mishandelde kinders.

Nuusbrief

SAVLU Nuusbrief is opwindend en inspirerend, met die opheffing en bemagtiging van aktualiteitsbladsye, sowel as nuusbladsye oor die wonderlik inspirerende werk en prestasies van die Vroue Landbou-Unie (SAVLU), asook die inspirerende stories van vroue van ander organisasies. Dit word digitaal versprei aan lede van die SAVLU en ander Vroueorganisasies regoor die land.

Indien jy belangstel om die SAVLU Nuusbrief te ontvang deur jou e-pos adres, voltooi asb die vorm hier onder:

* indicates required